Kidzworld
Inspiring happy, healthy families
Home Family Events Family News
Parenting Articles
Parenting Tools
Competitions
Reviews
Specials
Directory
Schools Hub
 
Facebook
Twitter
Sign up for free enews Sign up to receive the latest family news, entertainment, specials & parenting titbits.
Directory:Gifts, Memorabilia & Keepsakes >gifts for kids
 


Storietyd
Afrikaans Book Club for Kids

Location:
Available nationwide

Contact:
Kobus Venter
Tel: 086 078 6743

Click here to email Storietyd
Click here to visit Storietyd 's website

Age group:
1-8 years

Please let them know you found them on kidzworld.co.za.

Welkom by ons nuwe generasie Afrikaanse boek(ie) klub vir kinders vanaf 0 tot 8 jaar.
Storietyd bied jou die geleentheid om jou kind van kleintyd af bloot te stel aan die wonderlike wereld van lees in sy/haar moedertaal.

Navorsing het bewys dat kinders wat op n vroee ouderdom reeds blootgestel word aan boekies, ‘n veel groter woordeskat het en ook ‘n ryker verbeelding, as kinders wat eers later aan boekies bekend gestel word.

Biblioteke vandag laat veel te wense oor.  Behalwe dat hulle nie die nuutste boekie vrystellings kry nie, is Afrikaanse boekies baie beperk en dié wat nog daar is, is in ‘n bedenklike toestand.  Die gemiddelde boekwinkel se diens laat veel te wense oor en jy as ouer moet ook dikwels op jou eie oordeel staatmaak om te besluit watter boekie geskik is vir jou kind se ouderdom.

Hier by Storietyd verseker ons dat jy die nuutste Afrikaanse storieboekies kry, selfs nog voor dit beskikbaar is aan Jan Alleman.

Ook verseker ons span kundiges dat jou kind se boekie pas by sy/haar ouderdomsgroep.
Uniek aan Storietyd is ons Bertus Beer se besigbly en bêre boekie, ‘n aktiwiteitsboekie prop vol pret.

Hoe werk dit
Storietyd boekies bestaan uit 3 kategoriee en werk soos volg:

0-2 jaar:
Jou peuter ontvang elke kwartaal 2 storieboeke.  Jy sal n keuse op ons webblad kan uitoefen oor watter boeke jy wil ontvang andersins ontvang jy die 2 keuse boeke van Storietyd.
Koste: R50 per maand

3-5 jaar:
Jou kleuter ontvang elke kwartaal 1 storieboek en 1 Bertus Beer aktiwiteitsboek.  Jy sal n keuse op ons webblad kan uitoefen oor die storieboek wat jy wil ontvang terwyl Bertus Beer in sy reeks volgorde vir jou gestuur sal word.  As jy nie n keuse uitoefen vir jou storieboek nie, sal jy Storietyd se keuse vir die kwartaal ontvang en die Bertus Beer boekie.
Koste: R50 per maand

6-8 jaar:
Jou kleinding ontvang elke kwartaal 2 storieboekies of 1 storieboekie en 1 Bertus Beer aktiwiteitsboekie, afhangende van jou besluit wanneer jy inskryf.  Jy sal n keuse kan uitoefen oor die storieboeke en ons het ‘n groot verskeidenheid vir ywerige sowel as minder ywerige lesers.  As jy nie n keuse uitoefen vir jou storieboek(e) nie sal jy Storietyd se keuses vir die kwartaal ontvang.

Om deel te word van Storie, volg hierdie maklike stappe:

  • Registreer deur hier te kliek
  • Sodra jy geregistreer het moet jy jou bank en debietorder besonderhede invul
  • ‘n PDF magtigingsvorm sal gegenereer word wat jy asb moet teken en terugfaks na 086 695 3561 of skandeer en email Storietyd
  • Voeg nou n subskripsie by vir elke kind wat by storietyd aansluit deur sy/haar naam en geboortedatum in te vul
  • Koste beloop R50 per kind per maand
  • Sodra ons jou getekende debietorder magtiging terug ontvang het sal jou subskripsie bevestig word
  • Jy sal n e-pos ontvang wanneer jy jou keuses vir die kwartaal moet uitoefen
  • Jou kind se pakkie word gepos na die afsnydatum
  • Jy ontvang ‘n opsporings-kode sodra jou kind se pakkie gestuur is
  • Jou kind ontvang sy/haar boekies in die posbus en saam geniet julle die wonderlike ervaring van Storietyd!


Waarborg:
Indien jy ‘n boek ontvang wat jou kind reeds besit kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking na ons terugstuur binne 7 dae van ontvangs en ons sal vir jou ‘n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

Vrae en antwoorde:

V: Wat kos dit?
A:Slegs R50 per kind (lid) per maand

V: Hoe betaal ek?
A: Subskripsies kan slegs per Debiet order betaal word

V: Hoe gereeld kry my kind n pakkie?
A: Elke kwartaal (elke 3 maande)

V: Hoeveel boekies is daar per pakkie?
A: 2 per pakkie, dus 8 in totaal per jaar

V: Wat as my kind reeds ‘n boekie het wat hy ontvang het?
A: Jy as ouer kan kies watter boeke jou kind per kwartaal ontvang.  As dit egter gebeur dat jy wel n boek ontvang wat jou kind reeds besit kan jy die boek wat jy ontvang het binne 7 dae vir ons terugstuur en ons sal vir jou ‘n ander boek stuur.  Storietyd poog deurentyd om die nuutste titels op die mark daar te stel vir jou.

V: Wat is die Bertus Beer aktiwiteitsboekie?
A: Bertus Beer is n 24 bladsy boekie propvol aktiwiteitspret vir jou 3-5 jarige kleuter (6-8 jarige kinders kan dit ook gebruik).  Die reeks bestaan uit titels soos: Ek kan tel, My liggaam, Op die plaas, Vakansie pret en vele meer.  Die boekies bevat verskillende aktiwiteite soos bv. Skryf, inkleur, knip, plak, lees, speletjies ens.  Hierdie reeks bestaan uit 20 boekies en alle skrif is volgens Suid Afrikaanse skool skrif vereistes om dit maklik te maak vir beginner lesertjies.

V: Waar kan ek Bertus Beer se boekies koop?
A: Bertus Beer se boekies word deur Storietyd gepubliseer en is nie te koop in winkels nie.  Slegs Storietyd se klublede kan vorige uitgawes koop deur ons te kontak by email Storietyd of 0860 storietyd

V: Kan ek met iemand telefonies praat by Storietyd?
A: Ja, ons kantoor nommer is 0860 storietyd

V: Hoe word boekies gestuur?
A: Boekies word deur geregistreerde poskantoor pos gestuur.

V: Hoe lank neem dit vir n boekie om te arriveer?
A: 14-21 dae na die versendingsdatum

V: Wat is die versendingsdatum?
A: Die datum waarop die pakkies uitgestuur word, gewoonlik op maandeinde van die kwartaal en ongeveer 4 weke na die afsny datum.

V: Wat is die sper-datum?
A: Dit is die datum waarteen klublede hulle keuse moes uitoefen oor watter storieboeke hulle wil ontvang vir die kwartaal.  Indien ‘n klub lid nie ‘n keuse maak voor die sper-datum nie, sal die lid outomaties Storietyd se keuse vir die kwartaal ontvang.

Wie is ons:

Storietyd met Bertus Beer het sy ontstaan in Bertus se grot op die Vrystaatse vlaktes in Bloemfontein. 

Storietyd kan gekontak word by 0860 storietyd of email Storietyd

Contact us About us Advertise Terms and conditions Site map Privacy policy Spam policy
This internet site provides information of a general nature and is designed for educational purposes only. If you have any concerns about your own health or the health of your child, you should always consult with a doctor or other healthcare professional. Kidzworld.co.za provides this site as a directory for infant and child related products and services. Kidzworld.co.za does not in any way endorse or recommend any of the listings found within its site, and cannot be held responsible or liable in any way for your dealings with them. Please review the Terms of Use before using this site. Your use of the site indicates your agreement to be bound by the terms of use.
All contents copyright © 2012 kidzworld.co.za