Wat is Pienkvoet-Pret?
Pienkvoet-Pret bied heerlike en omvattende stimulasie klasse aan wat jou kind se algehele
ontwikkeling stimuleer.
Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale
bereik word:
- 3 - 6 maande
- 7 - 12 maande
- 13 - 21 maande
- 22 - 36 maande
Wat maak Pienkvoet-Pret so spesiaal?
Pienkvoet-Pret bied die afgelope 11 jaar al uitstekende Afrikaanse mamma-en-baba/kleuter
ontwikkelings- & stimuleringsklasse aan.
Die aandag, liefde en sorg wat elke ‘franchisee’ aan haar ouers en kinders bied, maak van Pienkvoet-
Pret ‘n baie prettige en besonderse afspraak.
Ons doel is nie net om kinders te stimuleer nie, maar ook om ‘n spesiale tyd te skep waartydens
mamma en baba al spelende nader aan mekaar groei. So leer hul mekaar dus beter ken en verstaan.
Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel in die opwinding en pret
van hul kinders se ontwikkeling en groei nie.
Babas kry ook die geleentheid om in ‘n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul
ouderdomsgroep te sosialiseer. Die klasse vorm ook ‘n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir
ma’s. Na elke uurlange klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders buite aktiwiteite met
hul “Pienkvoet-Pret maatjies” geniet.
Wat doen ons by Pienkvoet-Pret?
Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks ‘n uur en ‘n half klas by. Elke les sluit die volgende
pret aktiwiteite en oefeninge in om spesifieke vaardighede aan te leer en te bemeester:
- Groot en fyn motoriese aktiwiteite
- Perseptuele en intellektuele aktiwiteite
- Sensoriese bewustheid
- Musiek en beweging
- Spraak- en taalontwikkeling
- Luistervaardighede
- Rympies & liedjies
- Mors aktiwiteite
- Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke
- Baba massering (3-6 maande)
- Storie tyd & kuns aktiwiteite vir die peuters
- Vryspel met ‘n verskeidenheid opvoedkundige speelgoed (Binne)
- Vryspel met ‘n verskeidenheid speelgoed en apparate vir buite aktiwiteite
(klim & klouter apparaat, sandput, hindernisbane ens.)
- Sosiale ontwikkeling vir kinders en ‘n sterk ondersteunings- netwerk vir ma's
- Maandelikse sprekers om ma’s se bekommernisse/vrae aan te spreek en om inligting te verskaf
Babas met spesiale behoeftes welkom!
|